Tale

Les 7

God gee doeltreffende gereedskap aan ons vir die geveg om vir Hom te lewe. As ons dit nie gebruik nie, sal ons faal.

Die lewe is gekompliseerd. Christenskap is nie ’n geloof wat jou laat wegkruip sodat jy nie seerkry nie. In plaas daarvan het God ons harte warm gemaak en gesê ons moet daardie vlam vertoon in die donkerte waarin ons gebore is. Hy sê dat ons ons werklike lewens verskillend moet lewe as wat die wêreld van ons verwag.

As ons weer gebore word, benodig ons konstante voeding vir die res van ons lewens. Ons eet verskeie kere per dag. Ons slaap elke dag ’n aantal ure. Ons drink elke dag ’n hoeveelheid water. Die geestelike teenpartye vir kos, water en slaap, is om die Bybel te lees, te bid en Hom saam met ander mense te dien.

Die wêreld is vuil. Ons word gevra om rein te wees. Terwyl ons lewe, sal ons elke dag met vuil gedagtes in ons harte gepeper word. Ons sien die perversie met ons oë. Met ons ore, hoor ons ’n gevloek. Met ons hande , voel ons die dorings en vuiste van ons vriende. Met ons tonge proe ons die bitter gif. Met ons neuse kan ons die verrotting van die dood ruik.

Watter gereedskap gee God ons om die vuilheid weg te was, die donkerte weg te skuif en die wêreld rondom ons te verander?

Eerstens, soos ons reeds bespreek het, het Hy die plan vir ons lewens in die Bybel openbaar. Deur die teks van die Bybel te lees en God se beloftes daarbinne te koester, word ons gedagtes gesuiwer en ons harte versterk.

Tweedens, het Hy sy Heilige Gees binne ons geplaas, sodat ons tot God kan bid en voel hoe Hy op ons antwoord. Dit verdiep ons oortuiging en gee ons krag om anders te lewe en te help om die wêreld te verander.

Derdens, het Hy ons vir aanbidding gemaak. As ons Hom aanbid, bevredig Hy ons begeertes en begin om die wonde heel te maak wat die lewe ons gee.

Vierdens, het Hy ons gemaak om mense, diere en die wêreld wat Hy ons gegee het binne grense te geniet en lief te hê. Ons moet dit prioritiseer om by ander mense te wees en die natuur te geniet.

Ons moet dit prioritiseer om tyd te spandeer met mense wat in God glo en Hom liefhet soos ons Hom liefhet. Dit bemoedig en versterk ons. Dit weerhou ons daarvan om ongebalanseerd te raak. Dit word kerk genoem. Kerk is nie die gebou waarin ons bymekaarkom, of ’n diens wat ons bywoon nie; die kerk is die mense wat beide God en ons liefhet. Deur tyd te spandeer met ander mense wat God liefhet (deur die Bybel te lees, te bid, te aanbid, en mekaar te help om te lewe soos Hy in die Bybel sê ons moet lewe) is noodsaaklik.

Baie het al gewonder of dit belangrik is om met ander Christene bymekaar te kom. Maar die Bybel sê dis die hele punt. Jesus het weer opgestaan om ’n liefdevolle gemeenskap te bou: een wat in Hom gereinig is en deur Hom bevredig word. Hy het dit geïllustreer in sy optrede toe Hy uit die dood opgestaan het en saam met sy vriende geëet het, saam met hulle gestap het, en hulle in hul privaatkamers ontmoet het.

As dit nie genoeg is vir ons nie, mag hierdie reaksie-uitlokkende verhaal wat ’n priester ons vertel het help:

Eendag, het man na ’n priester gekom en gesê, "Vader, my broer, Paulus, het homself van my en enige ander Christen afgeskei. U moet met hom gaan praat en sê dat hy moet terugkeer!"

Die priester het na Paulus se huis gegaan, aan die deur geklop en is gesê om binne te kom.

Toe hy eers binne is, het hy gevind dat Paulus na ’n knetterende vuur staar. Hulle het stil gegroet, en die priester het langs Paulus gesit en na die vuur gestaar. Na ’n oomblik, het die priester die metaaltang opgetel, ’n witwarm kool uit die vuur opgetel en dit op die klipvloer buite die vuur gesit. Hy het vir Paulus geknik, geglimlag en gewag. Na ’n paar minute, het die kool soveel afgekoel dat daar geen vuur daarin oor was nie.

Die priester het vir Paulus geknik, en dit weer in die vuur teruggegooi. Na ’n paar oomblikke, het die kool weer gebrand. Die priester het gelag, ’n laaste keer vir Paulus geknik, en opgestaan om te loop.

Ons is daardie kool. Sonder die brandende vuur van ander rondom ons, sal ons uiteindelik afkoel en ons vuur verloor. Ons moet ons Bybels lees, ’n flukse daaglikse gewoonte ontwikkel van gebed en aanbidding, en tyd prioritiseer om saam met ander Christene deur te bring, sodat ons mekaar kan help om vreugdevol en gehoorsaam aan God te lewe.

As ons dit doen, sal God ons versterk, aanmoedig en seën. Dan sal Hy aan ons geleenthede gee om die Evangelie met mense te deel wat dit net so erg nodig het soos ons.

Delf Dieper

Lees Galasiërs 5:22-26, Psalm 121:1-8, en 1 Korintiërs 12:20-13:13. Is dit vir jou duidelik hoe God wil hê ons moet lewe? Bid tot God om jou die krag te gee om die liefde uit te lewe waarvan jy in hierdie verse lees. Op watter een manier kan jy begin om hierdie soort liefde in die praktyk toe te pas? Skryf dit neer, en gaan doen dit dan!

Vorige Lys Lys Volgende