Tale

Les 4

Wanneer ons praat oor wat Jesus bereik het deur te sterf, sien ons dat die aansprake wat Hy oor Homself gemaak het, ons toegang gee tot sy beloftes, maar om dit ’n werklikheid in ons lewens te maak, benodig ons ’n verandering in houding en gedrag.

Verandering begin deur te lees en te vertrou wat Hy oor Homself sê, en wat Hy oor ons sê. Hier is ’n paar voorbeelde van wat Jesus oor Homself sê in kontras met wat Hy oor ons sê.

  1. Jesus is volkome goed. Ons is gevul met boosheid.
  2. Jesus het ons liefgehad. Ons het Hom gehaat.
  3. Jesus het ons gekies. Ons het Hom verwerp.
  4. Jesus was perfek gehoorsaam aan God. Ons het teen God se reëls gerebelleer.
  5. Jesus het gewilliglik vir sy vyande gely, insluitend ons. Ons was nie gewillig om te ly nie, selfs nie vir ons geliefdes nie.
  6. Jesus was die grootste dienaar. Ons wil nie dien nie, maar wil bedien word.
  7. Jesus het uit die dood opgestaan. Ons is bestem vir ons grafte, maar daar is hoop want Jesus bied aan ons sy lewe.

Jesus is God, maar ook werklik mens. Hy is die beste man wat ooit gelewe het, en Hy het gekies om ons lief te hê en ons liefde na te jaag terwyl ons sy vyande was.

Niemand kan deur Jesus verander word sonder om in nederigheid tot Hom te nader. Jesus is nie ’n towerspel nie. Hy is ’n persoon wat elke gedagte in ons kop ken.

Die Bybel sê God is gekant teen die trotse, maar gee genade aan die nederige. As ons Jesus nader om Hom te gebruik vir wat ons wil hê, sal ons nooit deur Hom verwelkom word nie. Tensy ons wegdraai van ons boosheid en dit begin haat, en eerder sy goeie dinge kies, sal ons Hom nooit ken of die voordeel van sy beloftes ken nie.

Hierdie houding van spyt oor boosheid, te same met passievolle begeerte vir Jesus se goedheid–en sterk vertroue in sy beloftes–raak ons nuwe normaal.Wanneer ons lees wat Hy in die Bybel sê, en dan bid en sy wil soek, sal ons houding van trots na nederig verander. Ons begin soos Hy raak.

Jesus sien ons harte. Ons moet groei om boosheid te haat en sy goedheid te begeer om dit te vervang. Wanneer ons dan vir Jesus vra om ons te vergewe, sal Hy.

Wanneer ons Hom met werklike nederigheid nader, ontmoet Hy ons in ons gebrokenheid en begin ons harte heelmaak. Dit is wanneer ons onsself eerlik beskou,en ons lewens leef volgens die waarheid wat God gekies het en lief te hê en te groei in sy goedheid, wat God ons lewe, vreugde en liefde gee.

Is dit nie pragtig hoe Hy ons in die proses betrek nie?

As jy skaam voel oor jou boosheid, goed so! Hardloop na Hom. Kniel in nederigheid en dank Hom dat Hy jou die waarheid oor jouself gewys het. Dit is die bewys dat Jesus jou in liefde najaag.

Draai weg van jou boosheid, en draai eerder na Jesus. Verdiep jouself in die Bybel. Deurweek jouself in gebed. Mediteer oor wie Jesus is, en wat Hy belowe om te doen in en deur jou. Gee oor aan Hom sodat jy Hom kan behaag en lewe in ’n nabye vriendskap met Hom. Onthou dat sy liefde en beloftes die dinge is wat jou die krag en outoriteit gee om ’n suiwer lewe te lei.

Dit is ’n konstante , daaglikse proses. As jy faal, moenie vasgevang word deur skuldgevoelens of ’n sin van hopeloosheid nie. Die oomblik wat jy faal is die oomblik waarop jy jou die meeste na God moet draai. Die idee dat jou boosheid kragtiger is as God is belaglik en trots. Jesus het jou liefgehad toe jy nog teen Hom geleef het. Natuurlik sal Hy jou vergewe nou dat jy sy kind is. Hy is sterker as jou boosheid, en Hy is liewer vir jou as wat jy jouself haat. Vertrou daarop en jy sal nie hoop verloor nie.

Delf Dieper

Lees 1 Johannes 1, Efesiërs 5:8, en Johannes 11:9-10. Skryf dan jou begrip neer van vergifnis en wat dit beteken om "in die lig te loop." Bid daaroor, en bespreek dit dan eerlik met ’n vertroude Christen-vriend. Loop jy in die lig? Indien nie, watter verandering kan jy vandag maak om in die lig te loop?

Vorige Lys Lys Volgende