Tale

Les 8

Die Bybel word die Woord van God genoem want dit is God se manier om te verduidelik wie Hy is, wie ons is, waar ons vandaan kom, en waarom ons bestaan. Dit is kompleks. As ons ons Bybels oopmaak en sommer enige plek kies en begin lees, sal ons waarskynlik verward voel. Dit is omdat die Bybel 66 aparte boeke is wat deur verskillende outeurs oor ’n periode van 2 000 jaar geskryf is.

Die boeke van die Bybel is deur God geïnspireer. Daarbenewens het God bevestig dat die inhoud van die boeke waar is, en van Hom afkomstig is. Baie van die boeke is vir baie spesifieke groepe bedoel. Die vroeë kerk het hierdie boeke versamel en, gerangskik in ’n volume wat ons nou die Bybel noem. Saam wys hulle hoe God dwarsdeur die geskiedenis met die mens bemoeienis maak.

Die boeke van die Bybel is in verskillende genres geskryf. Die boek van Psalms is byvoorbeeld ’n boek van liedere en gebede. Dit is gevul met metafore wat nie altyd bedoel is om letterlik op te neem nie. Die Evangelie van Johannes is egter ’n geskiedkundige werk wat op die lewe van Jesus gebaseer is.

Die sendbriewe soos Galasiërs en Efesiërs, is briewe wat deur die vroeë kerkleiers aan spesifieke groepe mense geskryf is.

Daar is boeke van profesie, soos Jesaja en die boek van Openbaring –’n lang, komplekse profesie wat oorspronklik vir die vroeë Christelike kerk geskryf is.

Daar is meer, maar jy verstaan wat bedoel word.

Die Bybel is ook in twee testamente opgedeel. Die Ou Testament bestaan uit boeke wat voor die geboorte van Jesus geskryf is en die Nuwe Testament bevat boeke wat na die geboorte van Jesus geskryf is.

Die eerste vyf boeke van die Bybel (die Pentateug) is geskryf deur en vir die Israeliete om die ontstaan van die wêreld te verduidelik, God se beloftes aan hulle, en hoe Hy hulle as ’n nasie gevorm het.

Daar is verskillende ooreenkomste tussen God en mense regdeur die Bybel. Dit word verbonde genoem. Vandag lewe ons onder die verbond van Jesus. Dit beteken dat daar nie van ons verwag word om die seremoniële wette wat in boeke soos Levitikus of Deuteronomium voorkom, te volg nie. Dit was onder God se ou verbonde met die Joodse mense. Die seremoniële wette het gewerk as simbole wat na Jesus heenwys, dus is die seremoniële wette voltooi deur sy lewe en dood.

As jou kop nou draai, neem ’n oomblik en haal asem. Word dan bemoedig, want jy hoef nie alles op hierdie oomblik te verstaan nie!

Die Bybel is nie iets wat jy moet lees, soos ’n plig nie. Dit is iets wat jy leer om te lees. Dit is bedoel om ’n vreugde te wees–om te lees,te bestudeer en uit te lewe oor ’n hele lewe. Dit is ’n skat wat jou hele verstand en hart sal verander.

Sommige dele van die Bybel is makliker om te verstaan as ander. Ons stel voor jy begin deur die eerste boek van Genesis (die eerste boek in die Bybel), te lees en minstens een van die vier evangelies (Matteus, Markus, Lukas of Johannes).

Van daar af, kan dit dalk sin maak om na Eksodus te gaan, saam met die Boek van Handelinge en die Sendbriewe in die Nuwe Testament.

Romeine en Hebreërs is twee boeke wat moeilik is om te lees, tog help hulle om sin te maak van die verskil tussen die nuwe verbond van Jesus en die ou verbond in die Ou Testament.

Daar is baie fassinerende verhale in die Bybel. Daar is ook gedeeltes van afstammelinge in besonderhede en komplekse wette vir die Joodse mense. Jy kan egter verseker wees, dat elke deeltjie van die Bybel ’n goeie doel het en die moeite werd is om te bestudeer want die Bybel help ons om te verstaan wie ons is, wie Hy is, en hoe om te lewe. Dit weerhou ons van die kwaad. Dus, moet jy versigtig wees vir enigiets wat jou konstant weerhou daarvan om jou Bybel te lees. Jou foon, video-speletjies, ens.

As jy nie ’n Bybel het nie, moet jy een kry.

Daar is planne om die Bybel in ’n jaar te lees, en dit is nuttig want hulle help jou om elke dag klein gedeeltes te lees. As jy baie wil lees, gaan voort. Maar dit is beter om te fokus op om te leer hoe om God se Woord in te neem.

Dit is ’n konstante bron van aanmoediging en wysheid, en jou vermoë om jou lewe as Christen uit te lewe word direk verbind aan hoe konsekwent jy met die Bybel verbintenis maak met jou hart en verstand.

Vra vir God om jou te help om die Bybel te verstaan. Vra Hom om jou te help om sy bevele op jou daaglikse lewe toe te pas. Moenie afskeep om dit te lees en daarna te luister nie. Moenie jouself toelaat om dit te vergeet nie. Jy kan dalk dink dat jy nie ’n leser is nie, maar die Bybel sal vinnig jou mees kosbare besitting word want dit is God se woorde aan jou.

Delf Dieper

Kry ’n Bybel, vind ’n "lees die Bybel in een jaar" beplan, en begin om die leesplan te volg.

Vorige Lys Lys Volgende