Tale

Les 6

As jy jou reis met Christus begin het, vertrou dat Hy met jou is want jy sal vinnig ontmoedig raak.

As jy ontmoedig raak, onthou dat God magtiger is as alles–insluitend jou swakheid. Vertrou dat Hy jou lewe verander en jou nuut maak.

Wanneer ons faal en verlei word om te glo dat ons hopeloos is, herinner ons onsself dat ons groei nie omdat ons goed is nie (ons is nie), maar omdat Christus binne ons werk en deur ons vertroue in Hom en deur ons pogings om Hom lief te hê, te eer en te gehoorsaam.

Is Christus magtig genoeg om ons nou op hierdie oomblik te weerhou van ’n bose besluit? Natuurlik is Hy! Elke goeie ding in ons lewens kom van Hom af. Ons goeie gedrag word deur Hom aangevuur soos Hy deur ons geloof, liefde en moeite bewerk.

En is Hy getrou om ons van die kwaad te weerhou? Sonder enige twyfel!

Hoekom voel ons dan so onmagtig? Want Hy laat ons swak voel sodat ons op Hom kan vertrou. Moenie dat jou swakheid jou flous nie. Laat dit eerder die rede wees om God as jou sterkte te vertrou.

Wat steel dan ons vertroue in God? As ons skielik twyfel dat ons die krag het om te gehoorsaam, wat het verander?

Ons het vergeet wie God is. Ons het vergeet ons leef in Hom. Ons het getwyfel in ons vertroue dat Hy magtig genoeg is om ons te weerhou om die bose te kies. En, in werklikheid het ons ons harte van Hom af laat wegdwaal van Hom af na ander dinge toe.

Die laaste fout is die slinkste en mees skadelike. Elke bose fout begin deurdat ons ons harte toelaat om van Christus weg te dwaal. Dit is waarom dit so belangrik is om ’n flukse gewoonte aan te leer om elke dag die Bybel te lees, te bid en te aanbid. Omdat ons maklik afgelei word en ons geheues kort is.

Ons kan nooit vergeet dat God ons lewe is nie. Lied van Verlossing gebruik die woorde, "Neem my lewe maak dit nuut." Dit erken dat ons lewens nooit weer dieselfde is nadat ons Christus ken nie, en die rede is een honderd persent oor wie Hy is.

Het jy ’n vriend of familielid waarvoor jy uiters lief is? Waarom is jy lief vir hulle? Is dit omdat jy ’n goeie mens is?

Eenkeer het iemand vir ’n man gevra of Hy sy vrou liefhet omdat hy ’n goeie mens was. Dit het die man verwar en effens vies gemaak. Hy het haar liefgehad omdat sy wonderlik was! Sy liefde vir haar het niks te doen gehad met of hy goed was nie. Om die waarheid te sê, hy het geweet dat hy nie goed was nie, en hy het haar liewer gehad omdat sy hom liefgehad het ten spyte van sy tekort aan goedheid.

Ons liefde vir Jesus is ook so. Dit het niks te doen met hoe goed ons is nie. Ons is lief vir Hom want Hy is wonderlik. Ons moet elke dag aan sy wonderlike eienskappe dink tot ons ons liefde vir Hom tot in ons gebeentes voel.

Drie oefeninge wat dit laat groei is om die Bybel te lees, te bid en Hom te dien.

Twyfel jy of dit werk?

Lees God se beloftes dat Hy jou nooit sal verlaat of in die steek laat nie. Dat Hy die goeie werk sal voltooi wat Hy in jou begin het. Dat Hy jou liefgehad het toe jy Hom gehaat het en Hy jou gekies het om Syne te wees. Dat niks jou van sy liefde kan skei nie behalwe jou eie wantroue en moedswillige sonde, en dat Hy jou vergewe en aanvaar het.

As jy twyfel of Hy jou gedagtes vernuwe, herinner jouself dat Hy dit deur sy Woord doen. Wanneer jy twyfel of jy die krag het om boosheid te weier, herinner jouself aan die kere toe Hy jou in die verlede die krag gegee het om boosheid te oorwin. As jy twyfel of jy Hom kan liefhê, herinner jouself daaraan dat Hy te goed is om nie lief te hê nie. As jy twyfel of jy enigiets goed kan doen, herinner jouself dat elke goeie ding van Hom af kom.

Wandel in nederigheid, liefde en praktiese gehoorsaamheid aan Christus deur te glo dat Hy jou verander en konstant vernuwe.

God se Gees woon in ons, en verander ons liefdevol op maniere wat ons skaars agterkom. Ons deel sy lewe soos ’n ongebore baba sy moeder se bloed deel. Die baba en moeder bly aparte mense, maar hulle lewe word op ’n pragtige manier vermeng. Op dieselfde manier gee die Heilige Gees lewe aan ons gees deur die bloed van Jesus.

Sy Gees is wat ons binne ons voel as ’n lewensbelangrike daaglikse ondervinding. Sonder die konstante aanvoeling van die Gees wat in ons woon, is ons swak. Maar met Hom, maak sy Gees ons sterk soos niks anders kan nie.

Delf Dieper

Lees Romeine 12:1-21. Hierdie stukkie wys die verandering wat in ons lewens kom wanneer ons ons lewens aan God oorgee in werklike geloof. Dit gee ons ’n klein kykie op hoe geestelike vernuwing lyk en voel. Skryf neer en deel hoe God jou vernuwe. Aan watter aspek werk Hy op hierdie oomblik die meeste? Dink na oor hoe Hy geduldig saam met jou die pad van groei en volwassenheid loop. Kan jy bewyse sien dat Hy jou genadig is?

Vorige Lys Lys Volgende