Tale

Les 5

Wanneer ons na God draai en weg van die bose, begin Hy om in ons lewens in te dring. Hy word ons lewe. Ons vreugde. Hy verander ons beskouing van die lewe. Die Bybel verwys na hierdie proses as die vernuwing van ons gedagtes.

Drie primêre maniere waarop die Bybel hierdie verandering
illustreer is deur na Hom te verwys in drie verskillende rolle:

Redder, Here en Vriend.

Die Bybel verseker ons daarvan dat Jesus ’n mens was beide voor sy dood en daarna. Hy het sy dissipels en die mense wat Hom liefgehad het "vriende" genoem.

Nadat Jesus uit die dood opgestaan het, het Hy nie die mense wat Hom doodgemaak het daarop gewys hoe verkeerd hulle was nie. In plaas daarvan het Hy vir sy vriende ontbyt gemaak, toe saam met hulle gestap en saam met hulle middagete geniet. Op ’n ander keer, het Hy aan sy vriende in ’n huis verskyn, hulle sy littekens gewys en saam met hulle geëet.

Hy wou wys dat sy hoofdoel om na die aarde te kom, op verhoudings gerig was.

Die God van alles noem ons sy vriend. Hy dien en is lief vir ons, soos ons Hom dien en liefhet. Hy lewe binne ons in ’n onverbreekbare vriendskap. Ons is lief vir mekaar en respekteer mekaar.

As jy Hom liefhet en glo wat Hy oor Homself sê, sal jy wegdraai van jou eie boosheid, en sy liefde en krag in jou lewe ondervind.

Dit is natuurlik so dat om sy vriendskap te ondervind, moet Hy ons van die bose verlos en die middelpunt van ons lewens word. As ons Redder, vergewe Hy ons voortdurend en maak ons vry. Ons het in vorige lesse dit gedek.

Wat van Jesus as Here?

’n Heer is iemand wat met outoriteit bestuur. Hy sê, "doen dit," en sy dienaars gehoorsaam hom. Die Bybel sê Hy dring daarop aan om ons Here te wees. Dit is ’n voorvereiste om in vriendskap met Hom te lewe.

Moenie verward raak nie. Hy wil nie hê ons moet op ons tande kners en gehoorsaam wees nie. Deur die jare, was God kwaad vir baie mense wat op hulle tande gekners en gehoorsaam het. In plaas hiervan, wil God mense hê wat Hom gehoorsaam omdat hulle Hom wil gehoorsaam. Hy wil hê dat ons aan Hom ons lewens gee uit ware liefde en vertroue, eerder as omdat ons dit moet doen.

As jy Hom nie wil gehoorsaam en jou lewe vir Hom wil gee nie, verdiep jouself in sy Woord (die Bybel), en dink oor wie Hy is, wie Hy sê jy is, en wat Hy vir jou gedoen het. Jaag dan aktief jou begeerte vir Hom na.

Hier is ’n werklike lewe voorbeeld van hoe om jou begeerte vir iemand na te jaag. Wanneer geliefdes getroud is, voel hulle nie altyd aangetrokkenheid tot mekaar nie. Maar as hulle mekaar met vriendelikheid behandel, groei hulle aangetrokkenheid tot mekaar.

’n Vrou kry vir haar man ’n geskenk, en terwyl sy die geskenk bymekaarmaak, onthou sy sy vriendelikheid. Die eenvoudige aksie van beplanning, koop en invul van die kaartjie help haar om haar liefde vir hom na te volg want as sy dink aan wie hy is en daarop reageer, styg toegeneentheid in haar hart en word werklik in haar geloof in hom.

As ons onsself herinner wie Jesus is en dink aan sy goedheid teenoor ons, rys liefde in ons harte en word werklik. In antwoord hierop, verander Hy ons begeertes, en gee ons die krag om Hom te gehoorsaam uit liefde en vertroue in wie Hy is.

Om God se beloftes ’n werklikheid in ons lewens te maak, moet ons ons toegeneentheid tot Hom najaag deur sy Woord te lees, te bid, en deur sy bevele te vertrou en te gehoorsaam. Dit alles verander ons gesindheid soos ons groei in begeerte na Hom as ons Redder, Here en Vriend.

Hierdie prosesse maak saak want God gebruik dit om te verander wie ons is. Hy verander ons identiteit deur vertroue in sy identiteit as ons Redder, Here en Vriend.

Delf Dieper

Lees Kolossense 1:15-23 en maak dan ’n lys van mense wat jy liefhet wat nie gehoor het waarom jy besluit het om Jesus te volg en Hom Redder, Here en Vriend te noem nie. Bid dat God hulle harte sal open en jou die geleentheid gee om jou verhaal te deel van hoe God jou lewe verander het. Gee Hy jou geleenthede wat jy nie benut het nie?

Vorige Lys Lys Volgende