Tale

Les 2

Waarom moes Jesus aan ’n kruis sterf?

Sonder om daardie vraag te beantwoord, maak die goeie nuus nie sin nie.

Die enigste manier om dit te verstaan is om na God se antwoord te luister. God sê Hy het gewilliglik gekies om ons lewens eerstehands te ervaar en dan vir ons te sterf sodat ons bevry kan wees van sonde, en ons met Hom versoen kon wees, en sodat Hy ons liefde en toewyding kon wen.

Waarom het Hy gedoen wat Hy gedoen het? Want Hy het gekies om dit te doen.

God sê dat die lewe in bloed is. Vergifnis is net moontlik as suiwer bloed gegiet is, en slegs suiwer bloed kan ewige lewe gee want dit is nie onder die vloek van die dood nie. Dit is waarom Jesus, die enigste ware suiwer man, gewilliglik gekies het om vir ons te sterf.

God het regdeur die geskiedenis belowe dat Hy vir ons sou sterf. Toe Jesus uitgeleef het wat Hy profeteer het, het Hy gewys dat God se beloftes waar en betroubaar is. Dus het Jesus meer as 300 profesieë wat geskryf is lank voor Hy gebore is, vervul.

Kom ons kyk deur ’n lys van wat Jesus bereik het deur te kies om te sterf.

  1. Hy het gesterf om ons na God te bring.
  2. Sy Gees het vir ons lewe gebring. Soos ons sterf van ons boosheid, word ons deur sy Gees lewend gemaak.
  3. Hy is vir ons sondes geslaan, en sy straf bring vrede en genesing.
  4. Sy gehoorsaamheid het die profesie vervul.
  5. Hy het ons skuld aan God betaal toe Hy aan die kruis
    gespyker is, om aan God se regverdigheid te voldoen.
  6. Hy is verlaat sodat ons verwelkom kon word.
  7. Hy het gewilliglik sy lewe afgelê sodat ons sy lewe kon neem. Dit is hoe hy ’n geruilde lewe aanbied – syne vir ons s'n.
  8. Hy het vir ons die voorbeeld gestel van diensbaarheid en selfloosheid waartoe Hy ons roep, om die wêreld te suiwer.
  9. Hy het ons vloek gedra deur aan ’n boom te hang sodat ons vry van die vloek van slawerny van boosheid kan wees.
  10. Hy het reggemaak wat Adam verbreek het. Adam, die eerste mens wat geskape is, is sonder bose begeertes gebore, maar sy bose aksies het dood na die wêreld gebring. Jesus is sonder bose begeertes gebore, maar sy sondelose, vrywillige dood het lewe na die wêreld gebring.
  11. Hy is die begin en die einde, so alle lewe word deur Hom gesuiwer.
  12. Hy het die dood gesmaak sodat ons die lewe kon proe. Hoewel Hy dit nie nodig gehad het, het Hy alles ondervind om te wys dat Hy oor alles outoriteit het.
  13. Hy was die grootste dienskneg, wat sy lewe afgelê het vir mense wat Hom gehaat het. Hierin het Hy sy liefde dieper gewys as wat enige ander aksie sou kon.
  14. Sy perfekte bloed genees ons siekte en gee aan ons die lewe wat nooit eindig nie.

Wat ’n merkwaardige stel prestasies en beloftes! Wat beteken dit vir ons?

God sê dat wanneer ons vertrou dat Jesus gesterf het en alles vir ons bewerkstellig het, kan ons die voordele ondervind wat Hy verdien het. Jesus het ons vloek geneem sodat ons vry kon wees van die vloek van die boosheid. Hierdie belofte gee ons die vertroue sodat ons ons lewe en vreugde in Hom vind, Hy gee ons die sterkte en
vreugde om Hom lief te hê en te gehoorsaam, in plaas van om aan boosheid toe te gee.

Ons hoef nie hopeloos te voel as ons na slegte gewoontes kyk wat ons nie voorheen kon klop nie. Jesus het ons skuld betaal sodat God ons as rein kan beskou. Hierdie belofte gee ons die vertroue dat niks ons van Hom af kan weghou nie.

Ons is gered deur God se genade, nie deur wat ons doen nie, so ons kan nie trots wees op ons eie vermoëns nie. Nogtans is ’n verandering in ons lewe die bevestiging dat ons vertroue in God en liefde vir hom werklik so is. By voorbeeld, as ’n man sê dat hy sy vrou liefhet maar hy stel haar nie eerste nie en behandel haar nie met liefde nie, bewys hy dat hy haar nie werklik liefhet nie. Sy leefstyl maak sy woorde betekenisloos selfs al voel hy sterk aangetrokke tot haar.

Ons vertroue in wie God is en wat Hy vir ons belowe gee ons die redes en krag wat ons benodig om die lewe te leef wat Hy van ons vra. Die Bybel sê dat dit deur die Heilige Gees gebeur en dat die Heilige Gees ons waarborg (bewys) is dat ons aan Jesus behoort en as regverdig gesien word as gevolg van sy offer.

Ons vertroue in Jesus gee ons die krag om te bewys wie ons as Christene is deur ’n suiwer lewe te leef. Dit beteken nie dat ons volmaak sal wees nie, maar as ons Christene is, sal God ons vervolmaak.

En as ons getrou bly, sal ons totaal volmaak in die volgende lewe wees.

Jesus het gesê dat ons soos takke aan ’n druiwestok is. As ons syne word, begin ons van sy lewe tap soos ’n tak aan ’n druiwestok. Sy wortels gee ons kos en help ons om te groei terwyl God aanhou snoei aan ons om goeie vrugte te dra. Die vrugte wat Hy in ons laat groei is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, sagtheid, getrouheid en selfbeheersing.

As ons lewens verander word deur God se Gees deur ons vertroue in Jesus se lewe en dood vir ons, sal die verandering in ons lewens bewys wees dat ons geloof eg is. Hierdie beloftes gee ons die
vertroue dat wat Hy deur die dood bewerkstellig het, aan ons behoort.

Ons word nie gered deur die vrugte van die Gees nie. As ons selfbeheersing toepas en vrede het, is dit nie wat ons red nie. Maar as ons vrugtelose lewens lei, moet ons onsself bevraagteken of ons Christene is.

Sy bloed is die water, en ons lewens is die takke. Spandeer tyd in die lig van die Seun om sterk en volwasse te raak.

Delf Dieper

Lees Jesaja 52:13- 53:12, ’n versameling van profesieë wat geskryf is ongeveer 700 jaar voor Jesus gelewe het. Lees dan Johannes 19:16-42. Skryf jou gedagtes en vrae neer oor hierdie gedeeltes en deel dit met ’n ander Christen. Watter emosionele impak het die idee dat Jesus gesterf het om jou gesond te maak op jou?

Vorige Lys Lys Volgende