Tale

Les 3

Selfs meer sentraal tot ons hoop is die wete dat Jesus uit die dood opgestaan het en vir ewig lewe. As Jesus nog dood was, kon ons nie sy lewe ondervind nie. Tog is sy Gees wat binne ons lewe een van die grootste gawes wat Hy bied.

Die lewe met God is moontlik gemaak deels omdat sy dood ons skoon gemaak het in sy oë, maar dit is werklik gemaak deur Hom wat uit die dood opgestaan het en vir ewig in die hemel en in ons lewe. Dit is hoe ons belowe is om vir ewig te lewe na ons dood, want ons sal gestroop wees van ons gebroke lewe en met slegs sy ewigdurende lewe gelaat word.

Jesus is ware God, en ware mens. Adam en Eva, die eerste man en vrou is gemaak om vir ewig te lewe, maar hulle bose beluite het hulle doodgemaak. Boosheid sal ons ook doodmaak. Boosheid is waarom ons almal sterf, maar Jesus lewe vir ewig want Hy het nooit enigiets boos gedoen nie. Dit wys dat Hy God was want net God is perfek.

Selfs al het Jesus gesterf, het boosheid hom nie doodgemaak nie. Hy het vrywillig sy lewe gegee, en die dood kon Hom nie hou nie want Hy het nooit verkeerd gedoen nie. Sy reinheid het Hom die reg gegee om sy lewe terug te neem.

So, dis wat Hy gedoen het.

Jesus het weer lewend geword, en ons sy krag, heiligheid, perfekte menslikheid gewys, en vermoë om aan ons lewe te gee weg van die dood. Maar meer as dit, het Hy teruggekom sodat ons in naby vriendskap vir ewig met Hom kan lewe.

Kom ons dink ’n oomblik daaroor.

Ons hoef nooit alleen te voel nie want Hy leef binne ons. Ons het elke oomblik van elke dag toegang tot Hom. Ons kan bid om Hom aan te voel en voel hoe sy emosies ons harte roer. Hy ken ons gedagtes en is lief vir ons. Hy gee ons die krag om rein te lewe. Ons kan in sy liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagtheid en selfbeheersing lewe. Hy bied aan ons ’n lewe van vervulling, as ons ons lewe in Hom vind.

Die Bybel sê dat ons rede vir bestaan is om in noue verhouding met Jesus te lewe. Om nader aan Hom te lewe as enige ander persoon op die planeet. Om Hom lief te hê meer as enigiets of enigiemand anders. En om met graagte Hom vir altyd te gehoorsaam en te dien.

Omdat ons bestaan om Jesus lief te hê en met Hom te lewe, noem die Bybel Christene "die bruid van Christus." Die Bybel sê ook dat enigeen wat Hom ontken, verdoem is. Ons bestemming is in die arms van Jesus. Geeneen wat Jesus haat sal in sy arms wees nie; in plaas daarvan sal hulle vir ewig van Hom geskei wees.

Dit is ’n gruwel wat min mense hulself kan voorstel. Nie baie besef dat enige lewe van vreugde wat ons het, van God af kom nie. In die lewe het ons toegang tot eenvoudige genot want Hy het dit aan ons beskikbaar gestel. As ons sterf, sal al daardie dinge gestroop wees, en ons sal met Jesus en eindelose vreugde òf met die gruwel van skeiding en doodsangs gelaat word.

Ons begin sien dat die arms van Jesus die beste bestemming in die heelal is. Die feit dat ons vrede en lewe nou met Hom kan ondervind is die grootste plesier in die lewe. Enige persoon wat werklik naby Hom geleef het sal jou wys dat Hy beter as alles is.

Aan die begin, voel dit vreesaanjaend om Hom in ons siel toe te laat want Hy bring ons boosheid aan die lig en druk ons om oor te gee. Maar soos ons oorgee, bring Hy soete heling en gee ons krag
om aan te hou en te groei.

As jy Jesus volg en aan Hom oorgee, sal Hy jou grootste plesier word, en Hy sal jou lewe verander en jou reinig.

Dan, nadat jy gesterf het, sal jy in die paradys van sy arms val.

Delf Dieper

Lees Romeine 1:1-7, 1 Korintiërs 15:1-5, en Romeine10:9-10. Dit is besonderhede oor die opstanding nadat opstanding plaasgevind het. Lees dan Daniel 12:2, Job 19:23-27, Jesaja 26:19-21, Hosea 6:1-2, Numeri 21:9 (lees ook Johannes 3:14-15 om hierdie verwysing te verstaan), Psalm 16:9-10, en Psalm 71:19-24. Dit is besonderhede oor die opstanding van Jesus en diegene wat getrou aan Hom sterf, geskryf lank voordat Jesus die aarde bewandel het. Skryf neer wat Jesus se opstanding vir jou beteken, en waarom jy dink dat Jesus se opstanding uit die dood belangrik is,. As jy vrae het, praat daaroor met ’n ander Christen.

Vorige Lys Lys Volgende