Tale

Les 9

Gebed is om met God te praat.

Jesus het ’n eenvoudige voorbeeld hiervan voorgestel in wat die "Here se Gebed" genoem word in Matteus 6: 9-13. Hierdie gebed was ’n antwoord op een van sy vriende wat gevra het hoe om te bid.

Tog is daar verskillende tipes gebed soos daar verskillende tipes gesprekke met vriende is. Ons kan vir ander mense bid. Ons kan vir onsself bid. Ons kan vir beskerming, genesing, krag en wysheid bid. Ons kan God dank vir sy goedheid, genade en vergifnis.Ons kan Hom vertel waarvoor ons lief is. Ons kan Hom dank wat Hy vir ons gegee het. Of vir Hom vertel van ons besorgdheid, vrese, twyfel en vrae.

Dis alles goed!

God gee om vir alles wat jy eerlik bid. Hy ken jou gedagtes. Bid met jou hele hart. Nader tot Hom met nederigheid, dankbaarheid, en vertroue.

Bid met jou hande gelig, in jou skoot, of gevou. Bid met jou oë oop of gesluit. Loop, staan, sit, buig of lê. Bid in die oggend, of aand, of middag, of die hele dag.

Moenie probeer diepsinnig klink nie. God is nie beïndruk met spoggerige woorde nie. Hy weet meer as jy. Wees net eg. Wees jouself en praat met God met respek. Vertrou dat Hy na jou gebede wil luister, en dat Hy eintlik lief is daarvoor om naby jou te wees.

Bid as jy alleen is en bid saam met ander. Om saam te bid is belangrik! Dit bring ons saam en gee God plesier.

Moenie geïntimideer raak deur ander mense wat gemakliker is om hardop te bid nie. Gebed gaan nie oor ons nie. Dit is om nader aan God te groei soos ons ons harte aan hom wys. As iemand jou laat dom voel oor hoe jy bid, sê dit veel meer van hulle as van jou. Dit wys hoogmoed, en hoogmoed is boos.

Elke Christen moet ’n flukse gebedgewoonte ontwikkel. Dit beteken om elke dag tyd te skeduleer om te bid. As jy dit nie doen nie, het gebed die gewoonte om uit jou lewe te verdwyn. As jy nie geskeduleerde gebed toepas nie, oorweeg om te begin met ’n vyftien minute stuk tyd. Deur jou tyd in die vroegoggend te skeduleer, voor jy jou dag begin, word aanbeveel. Dit is geneig om nuttiger te wees as wanneer jy saans tyd skeduleer want jy mag moeg,besig of afwesig wees. Gebed het ’n manier om die verloop van jou dag op ’n goeie manier te verander.

Verdeel jou gebedstyd in verskillende afdelings. Jy sal dit waarskynlik nuttig vind om ’n gebedsplan neer te skryf sodat jy iets het om na te kyk as jy sukkel om aan iets te dink om oor te bid.

Hier is ’n voorgestelde struktuur: eerstens, bely enige foute wat jy gemaak het en vra vir God se vergifnis. Spandeer dan ’n paar minute om Hom te dank vir sy goedheid, vergifnis, sagtheid en liefde. Neem nog ’n paar minute om Hom te dank vir sy trou en krag. Bid vir jou familie en vriende. Wees stil vir ’n tyd, en wag vir God om met jou te praat. Spandeer dan enige oorblywende tyd deur God te bid om jou vir jou dag te versterk.

Jy kan ook die Bybel as ’n gebedsgids gebruik. By voorbeeld, lees die Bybel, praat dan met God oor wat jy gelees het, en vra Hom om jou te help verstaan wat jy verwarrend vind.

Goeie gewoontes neem tyd om te groei. Wees geduldig in die proses. Wees geduldig met jouself. Moet net nie lui wees nie.

Nadat jy fluks was om elke dag vyftien minute aan gebed af te staan, vind mense dat hulle hul gebedstyd wil vermeerder. Dit is wonderlik! Ons het gevind dat dit nuttig is om die tyd in verskillende fokuspunte te verdeel. Dit keer dat ons nie oorweldig of gefrustreerd raak nie.

Gebed is intensioneel. Soos liefde, moet dit aktief wees om ’n werklikheid te wees.

Jy mag verbaas wees, as jy jou verbind om dit te probeer, dat om vir ’n enkele uur te bid nie net moontlik is nie, maar ook genotvol! Dis omdat ons gebed nodig het. Ons verlang na nabye vriendskap met God meer as enigiets anders. En daardie intieme verhouding verander ons.

God roep ons op om te bid. Hy verlang dat ons met Hom moet praat. Om met God te praat bevredig ons siele soos niks anders kan nie.Wanneer ons gebed afskeep, skeep ons onsself en die mense wat ons liefhet af. Kom ons spandeer tyd met God, en laat Hom toe om ons daagliks te versterk en aan te moedig!

Hy is lief daarvoor om ons met sy teenwoordigheid te bevredig en te verheug. Hy wil by jou wees, sodat Jy Hom kan leer ken en geniet.

Skeduleer tyd met God in jou dag, of jou dag sal Hom verdring. As jy gebed afskeep, sal jy vind jy word ontmoedig, alleen en val terug in boosheid. Maar as jy getrou is om fluks te bid, sal God jou dieper as wat jy jou kan indink beloon.

Het jy geweet God bid vir jou?

Delf Dieper

Bid op die volgende maniere vir vyf minute elk:lofprysing; belydenis; lees ’n psalm; danksegging; aanbidding; wag dat Hy met jou praat; deel jou behoeftes met God; bid vir ander; bid deur Psalm 23, of ’n ander Psalm wat hom daartoe leen om gebid te word; mediteer oor wie God is; vra Hom om jou te versterk om soos Hy te wees; eindig dan met meer lofsegging.

Vorige Lys Lys Volgende