Tale

Les 10

Die Kerk is enigeen wat deur God gered is. Ons is die kerk.

As ons sê, "Ons het nie die kerk nodig nie," sê ons eintlik, "ons het nie ander Christene nodig nie en het self nie nodig om Christene te wees nie."

Ons is God se familie. Om deel van hierdie familie te wees help ons om die Christelike lewe uit te leef. Ons het mekaar nodig want sonder mekaar, is daar geen familie nie. Sonder om mekaar in liefde te ondersteun, sal ons uitmekaar val. God het ons gemaak om saam met ander met Hom te lewe. As ons nie in gemeenskap met ander lewe nie, lewe ons glad nie.

Soos die kooltjie wat van die vuur verwyder is, as ons alleen lewe, sal ons vuur verdof. Maar as ons saam met ander Christene lewe wie se harte passievol en vol vuur is, sal ons vlam helderder groei.

Die Bybel sê ook dat ons nie moet afskeep om saam te ontmoet nie. As jy nie gereeld met ander gelowiges gereeld saamkom om die Bybel te lees, te bid en mekaar te bemoedig om die Christelike lewe te leef nie, sal jy uiteindelik van God afvallig word. Om saam met ander Christene op hierdie manier te wees help ons om te groei; dit bemoedig ons ook en maak ons opgewonde. Dit trek ons uit ons natuurlike selfsugtige natuur.

Ons ontmoet nie mekaar omdat ons dit moet doen nie. Ons ontmoet mekaar omdat dit ’n geskenk is om saam te wees. Dit beteken nie dat ons in ons Christenvriende se huise bymekaar hoef te kom nie, selfs al is dit pragtig en belangrik. Ons het meer as dit nodig.

Wat presies het ons nodig?

Ons het liefdevolle vriende nodig, persoonlike verantwoordbaarheid, vaste onderrig, Bybelse outoriteit, en geleenthede om ander nader na Christus te lei.

Ons het nodig om onder die outoriteit van pastore of ouderlinge te lewe wat hulle posisies verkry het nadat hulle hul getrouheid bewys het in hulle lewensstyle en werklik gegroei het om God en sy Woord te ken. As ons nie onder die outoriteit lewe van gekwalifiseerde leermeesters wat uitlewe wat hulle predik nie, kan ons geloof oor God in iets verander wat God nooit so bedoel het nie.

Die meeste mense hou nie nie daarvan om verantwoordbaar te wees om op ’n sekere manier te lewe nie. Dis ongemaklik om ons lewe te laat ondersoek en gesê te word dat ons droogmaak en moet verander. Maar as ons nie verantwoordbaar gehou word nie, sal ons foute opbou tot dit ontplof en mense skaad.

Deur deel van ’n kerk te wees, onder gekwalifiseerde leermeesters wat lyk soos wat in die Bybel voorgestel word, hou ons onsself verantwoordbaar.

Die outoriteit van gekwalifiseerde leermeesters beskerm ons van mense wat ander wil misbruik. Dit gee aan ons mense na wie ons kan gaan vir hulp as ons sleg behandel is. Dikwels het ons iemand nodig wat ons kan rugsteun.

Uiteindelik, gee dit ons ’n struktuur vir gemeenskap waar ons ’n manier kan vind om ander nader na Christus te bring. Ons kan nie vergeet dat nadat God ons lewens verander het, sê Hy ons moet ander ook van Hom leer.

Dit is maklik om in ’n ongestruktureerde omgewing evangelisasie te doen, maar om mense te leer is ’n langtermyn verbintenis. Ons moet altyd mense leer terwyl ons onsself onderwerp aan pastore en ouderlinge wat ons kan weerhou om mense verkeerdelik te lei, of mense seer te maak wat ons probeer help.

Hoe vind jy ’n geloofsgemeenskap? Eerstens, vra God om jou te help. Vra dan rond. Let op vir mense wat suiwer, liefdevolle lewens lei en vind uit waar hulle kerk bywoon. Begin om kerke te besoek. Soek na ’n kerk waar mense verwelkomend, eg en liefdevol is. Vind pastore en ouderlinge wat glo in wat die Bybel duidelik leer, en nie twyfel wat die Bybel sê nie. Maak seker dat hulle uitleef wat hulle sê hulle glo. Andersins glo hulle dit nie regtig nie.

Na watter kerk jy ookal gaan, is die mense lief vir mekaar en dien mekaar? Is hulle lief vir die Bybel en help mekaar om hulle geloof op praktiese en werklike maniere uit te leef wat jy kan voel en sien? Niemand sal perfek wees nie! Maar jy kan die verskil sien in mense wat nie omgee of hulle lewe konsekwent is nie, en mense wat berou het oor hulle foute.

Vra jouself net hierdie vraag: Word God hier gedien en geëer?

Daar is geen perfekte kerkgemeenskap nie, net soos daar geen perfekte mense is nie. As jy ’n ordentlike kerk gekry het, gaan gereeld, en moenie kla nie. Wees die verandering wat jy wil sien. Soek na geleenthede om jou familie in Christus aan te moedig . Wees werklik lief vir mense! Dien uit liefde met ’n suiwer hart. Nie om as"goed" deur ander mense bestempel te word nie.

Besef dat ons menslik is, en dat ons mekaar nodig het. Jy weet nooit nie, die persoon wat jou irriteer kan iemand wees wat God in jou lewe geplaas het om jou te help groei. Net soos jy dalk in hulle lewe geplaas is om hulle sagkens te help om in Christus te groei. Lewe in vrede, en eer God saam. Dit is die kerk.

Delf Dieper

Vind ’n kerk en woon dit hierdie Sondag by. Skryf jou gedagtes neer oor die ondervinding, en watter impak dit op jou emosioneel, geestelik en fisies gehad het.

Vorige Lys Lys Volgende